Romeine 4:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. WAT sal ons dan sê, het Abraham, ons vader na die vlees, verkry?

2. Want as Abraham uit die werke geregverdig is, het hy iets om op te roem, maar nie teenoor God nie.

3. Want wat sê die Skrif? Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken.

4. Maar aan hom wat werk, word die loon nie na guns toegereken nie, maar na verdienste;

Romeine 4