Rigters 8:30-33 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

30. En Gídeon het sewentig seuns gehad wat uit sy lende voortgekom het, want hy het baie vroue gehad.

31. En sy byvrou wat in Sigem was, het ook vir hom ’n seun gebaar, en hy het hom die naam Abiméleg gegee.

32. En Gídeon, die seun van Joas, het gesterf in goeie ouderdom en is begrawe in die graf van sy vader Joas, in Ofra van die Abiësriete.

33. Maar net toe Gídeon dood was, het die kinders van Israel weer die Baäls agternagehoereer en van Baäl-Berít vir hulle ’n god gemaak.

Rigters 8