Rigters 8:14-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. vang hy ’n seun van die mense van Sukkot en vra hom uit; en dié het vir hom die vorste van Sukkot en sy oudstes opgeskrywe, sewen-en-sewentig man.

15. En toe hy by die mense van Sukkot kom, sê hy: Hier is Seba en Sálmuna oor wie julle my gesmaad het deur te sê: Is die handpalm van Seba en van Sálmuna nou al in u hand, dat ons aan u vermoeide manskappe brood moet gee?

16. Daarop neem hy die oudstes van die stad saam met die woestyndorings en die distels, en hy het die manne van Sukkot daarmee ’n les geleer.

17. En die toring van Pnuel het hy omgegooi en die manne van die stad gedood.

Rigters 8