Rigters 6:39-40 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

39. Toe het Gídeon met God gespreek: Laat u toorn nie teen my ontvlam nie, en laat my net hierdie keer mag spreek; laat my tog net hierdie keer met die vlies ’n proef neem: laat dit op die vlies alleen droog wees terwyl daar op die grond oral dou is.

40. En die Here het daardie nag so gedoen: op die vlies alleen was dit droog, maar oral op die grond was daar dou.

Rigters 6