Maar toe die kinders van Israel die Here aanroep, het die Here vir hulle as verlosser verwek: Ehud, die seun van Gera, die Benjaminiet, ’n man wat links was. Deur hom stuur toe die kinders van Israel die belasting aan Eglon, die koning van Moab.