5. Verhef die Here onse God, en buig julle neer voor die voetbank van sy voete. Heilig is Hy!
6. Moses en Aäron was onder sy priesters, en Samuel onder die aanroepers van sy Naam. Hulle het die Here aangeroep, en Hý het hulle verhoor.
7. In die wolkkolom het Hy met hulle gespreek. Hulle het sy getuienisse onderhou en die insetting wat Hy hulle gegee het.
8. o Here onse God, Ú het hulle verhoor, U was vir hulle ’n vergewende God en Een wat wraak oefen oor hulle dade.
9. Verhef die Here onse God, en buig julle neer voor sy heilige berg. Want heilig is die Here onse God.