Psalms 95:8-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. Verhard julle hart nie soos by Mériba, soos op die dag van Massa in die woestyn nie;

9. waar julle vaders My versoek het, My beproef het, alhoewel hulle my werk gesien het.

10. Veertig jaar het Ek ’n afkeer gehad van hierdie geslag en gesê: Hulle is ’n volk met ’n dwalende hart, en hulle ken my weë nie;

11. sodat Ek in my toorn gesweer het: Waarlik, hulle sal in my rus nie ingaan nie!

Psalms 95