Psalms 94:3-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. Hoe lank sal die goddelose, o Here, hoe lank sal die goddelose jubel?

4. Hulle smaal, hulle praat onbeskaamd — al die werkers van ongeregtigheid verhef hulle.

5. o Here, hulle verbrysel u volk, en hulle verdruk u erfdeel.

6. Hulle maak die weduwee en die vreemdeling dood en vermoor die wese

7. en sê: Die Here sien dit nie, en die God van Jakob merk dit nie.

8. Let op, o onverstandiges onder die volk, en julle dwase, wanneer sal julle verstandig word?

9. Sou Hy wat die oor plant, nie hoor nie, of Hy wat die oog formeer, nie sien nie?

10. Sou Hy wat die nasies tugtig, nie straf nie — Hy wat die mens kennis leer?

11. Die Here ken die gedagtes van die mense — dat hulle nietigheid is.

Psalms 94