1. GOD van wraak, o Here, God van wraak, verskyn in ligglans!
2. Verhef U, o regter van die aarde, vergeld die trotsaards hulle dade!
3. Hoe lank sal die goddelose, o Here, hoe lank sal die goddelose jubel?
4. Hulle smaal, hulle praat onbeskaamd — al die werkers van ongeregtigheid verhef hulle.
5. o Here, hulle verbrysel u volk, en hulle verdruk u erfdeel.
6. Hulle maak die weduwee en die vreemdeling dood en vermoor die wese
7. en sê: Die Here sien dit nie, en die God van Jakob merk dit nie.
8. Let op, o onverstandiges onder die volk, en julle dwase, wanneer sal julle verstandig word?