6. in die môre bloei dit en spruit weer uit; in die aand sny ’n mens dit af, en dit verdor.
7. Want ons vergaan deur u toorn, en deur u grimmigheid word ons verskrik.
8. U stel ons ongeregtighede voor U, ons verborge sondes in die lig van u aangesig.
9. Want al ons dae gaan verby deur u grimmigheid, ons bring ons jare deur soos ’n gedagte.
10. Die dae van ons jare — daarin is sewentig jaar, of as ons baie sterk is, tagtig jaar; en die uitnemendste daarvan is moeite en verdriet; want gou gaan dit verby, en ons vlieg daarheen.
11. Wie ken die sterkte van u toorn en u grimmigheid, ooreenkomstig die vrees wat aan U verskuldig is?
12. Leer ons om ons dae so te tel dat ons ’n wyse hart mag bekom!
13. Keer terug, Here! Tot hoe lank? En ontferm U oor u knegte.
14. Versadig ons in die môre met u goedertierenheid, sodat ons kan jubel en bly wees in al ons dae.