Psalms 90:13-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. Keer terug, Here! Tot hoe lank? En ontferm U oor u knegte.

14. Versadig ons in die môre met u goedertierenheid, sodat ons kan jubel en bly wees in al ons dae.

15. Maak ons bly na die dae waarin U ons verdruk het, na die jare waarin ons onheil gesien het.

16. Laat u werk vir u knegte sigbaar word en u heerlikheid oor hulle kinders.

Psalms 90