Psalms 90:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ’n GEBED van Moses, die man van God.Here, U was vir ons ’n toevlug van geslag tot geslag.

2. Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God.

3. U laat die mens terugkeer tot stof en sê: Keer terug, o mensekinders!

4. Want duisend jaar is in u oë soos die dag van gister as dit verbyskiet, en soos ’n nagwaak.

5. Weggespoel het U hulle; hulle word ’n slaap; in die môre is hulle soos die gras wat weer uitspruit:

6. in die môre bloei dit en spruit weer uit; in die aand sny ’n mens dit af, en dit verdor.

7. Want ons vergaan deur u toorn, en deur u grimmigheid word ons verskrik.

8. U stel ons ongeregtighede voor U, ons verborge sondes in die lig van u aangesig.

Psalms 90