Psalms 89:41-47 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

41. U het al sy mure stukkend gebreek, sy vestings ’n puinhoop gemaak.

42. Almal wat met die pad verbygaan, het hom beroof; vir sy bure het hy ’n smaad geword.

43. U het die regterhand van sy teëstanders verhef, al sy vyande bly gemaak.

44. Ook het U die skerpte van sy swaard laat omdraai en hom nie laat standhou in die geveg nie.

45. U het aan hom sy glans onttrek en sy troon teen die grond neergewerp.

46. U het die dae van sy jeug verkort, hom met skaamte oordek. Sela.

47. Hoe lank sal U, o Here, Uself vir altyd verberg, sal u grimmigheid brand soos ’n vuur?

Psalms 89