39. Maar U het self verstoot en verag, U het toornig geword teen u gesalfde.
40. U het die verbond van u kneg tot niet gemaak, U het sy kroon ontheilig teen die grond.
41. U het al sy mure stukkend gebreek, sy vestings ’n puinhoop gemaak.
42. Almal wat met die pad verbygaan, het hom beroof; vir sy bure het hy ’n smaad geword.
43. U het die regterhand van sy teëstanders verhef, al sy vyande bly gemaak.
44. Ook het U die skerpte van sy swaard laat omdraai en hom nie laat standhou in die geveg nie.
45. U het aan hom sy glans onttrek en sy troon teen die grond neergewerp.
46. U het die dae van sy jeug verkort, hom met skaamte oordek. Sela.
47. Hoe lank sal U, o Here, Uself vir altyd verberg, sal u grimmigheid brand soos ’n vuur?
48. Gedenk van watter lewensduur ek is, tot watter nietigheid U al die mensekinders geskape het!