Psalms 89:37-46 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

37. Sy nageslag sal vir ewig wees en sy troon soos die son voor My.

38. Soos die maan sal hy vir ewig vasstaan, en die getuie in die hemel is getrou. Sela.

39. Maar U het self verstoot en verag, U het toornig geword teen u gesalfde.

40. U het die verbond van u kneg tot niet gemaak, U het sy kroon ontheilig teen die grond.

41. U het al sy mure stukkend gebreek, sy vestings ’n puinhoop gemaak.

42. Almal wat met die pad verbygaan, het hom beroof; vir sy bure het hy ’n smaad geword.

43. U het die regterhand van sy teëstanders verhef, al sy vyande bly gemaak.

44. Ook het U die skerpte van sy swaard laat omdraai en hom nie laat standhou in die geveg nie.

45. U het aan hom sy glans onttrek en sy troon teen die grond neergewerp.

46. U het die dae van sy jeug verkort, hom met skaamte oordek. Sela.

Psalms 89