Psalms 88:13-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. Kan u wondermag in die duisternis bekend word en u geregtigheid in die land van vergetelheid?

14. Maar ék, Here, roep U aan om hulp, en in die môre kom my gebed U tegemoet.

15. Here, waarom verstoot U my siel, verberg U u aangesig vir my?

16. Van jongs af is ek ellendig en klaar om te sterwe; ek dra u verskrikkinge, ek is radeloos.

Psalms 88