Psalms 87:4-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Ek wil Rahab en Babel vermeld onder hulle wat My ken; kyk, Filistéa en Tirus saam met Kus — hierdie een is daar gebore.

5. En van Sion sal gesê word: Man vir man is daarin gebore, en Hy, die Allerhoogste, hou dit in stand.

6. Die Here sal tel as Hy die volke opskrywe: Hierdie een is daar gebore. Sela.

7. En die wat sing sowel as die wat vrolik is, sê: Al my fonteine is in jou!

Psalms 87