2. Die Here het die poorte van Sion lief bo al die wonings van Jakob.
3. Heerlike dinge word van u gesê, o stad van God! Sela.
4. Ek wil Rahab en Babel vermeld onder hulle wat My ken; kyk, Filistéa en Tirus saam met Kus — hierdie een is daar gebore.
5. En van Sion sal gesê word: Man vir man is daarin gebore, en Hy, die Allerhoogste, hou dit in stand.
6. Die Here sal tel as Hy die volke opskrywe: Hierdie een is daar gebore. Sela.
7. En die wat sing sowel as die wat vrolik is, sê: Al my fonteine is in jou!