7. In die dag van my benoudheid roep ek U aan, want U verhoor my.
8. Daar is niemand soos U onder die gode, Here, en daar is niks soos u werke nie.
9. Al die nasies wat U gemaak het, sal kom en hulle voor u aangesig neerbuig, Here, en hulle sal u Naam eer;
10. want U is groot en doen wonders, U alleen is God.
11. Leer my, Here, u weg: ek sal in u waarheid wandel; verenig my hart tot die vrees van u Naam.
12. Here, my God, ek wil U loof met my hele hart en u Naam vir ewig eer;
13. want u goedertierenheid is groot oor my, en U het my siel uit die doderyk diep daaronder gered.
14. o God, vermeteles het teen my opgestaan, en ’n bende tiranne soek my lewe; en hulle stel U nie voor hul oë nie.
15. Maar U, Here, is ’n barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou.
16. Wend U tot my en wees my genadig; gee u sterkte aan u kneg en verlos die seun van u diensmaagd.
17. Doen aan my ’n teken ten goede, sodat my haters dit sien en beskaamd kan staan, omdat U, o Here, my gehelp en getroos het.