1. ’n GEBED van Dawid. Here, neig u oor, verhoor my, want ek is ellendig en behoeftig.
2. Bewaar my siel, want ’n gunsgenoot is ek; U, my God, verlos u kneg wat op U vertrou.
3. Wees my genadig, o Here, want ek roep U aan die hele dag deur.
4. Verbly die siel van u kneg, want tot U, o Here, hef ek my siel op.
5. Want U, o Here, is goed en vergewensgesind en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep.
6. Here, luister na my gebed en let op die stem van my smekinge.
7. In die dag van my benoudheid roep ek U aan, want U verhoor my.