1. ’n LIED. ’n Psalm van Asaf.
2. o God, hou U nie stil nie, swyg nie en rus nie, o God!
3. Want kyk, u vyande maak rumoer, en u haters steek die hoof op.
4. Teen u volk smee hulle listig ’n plan en hou onder mekaar raad teen u verborgenes.
5. Hulle sê: Kom, laat ons hulle vernietig, dat hulle geen volk meer is nie, sodat aan die naam van Israel nie meer gedink word nie.