Psalms 8:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VIR die musiekleier; op die Gittiet. ’n Psalm van Dawid.

2. o Here, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde! U wat u majesteit gelê het op die hemele.

3. Uit die mond van kinders en suiglinge het U sterkte gegrondves, om u teëstanders ontwil, om die vyand en wraakgierige stil te maak.

4. As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het —

5. wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek?

6. U het hom ’n weinig minder gemaak as ’n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon.

7. U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel:

8. skape en beeste, dié almal, en ook die diere van die veld,

Psalms 8