24. en Hy het manna op hulle laat reën om te eet en koring van die hemel aan hulle gegee.
25. Mense het die brood van die engele geëet; Hy het hulle volop padkos gestuur.
26. Hy het die oostewind laat uitbreek aan die hemel en die suidewind deur sy sterkte aangevoer;
27. en Hy het vleis soos stof op hulle laat reën en gevleuelde voëls soos sand aan die seë;
28. en Hy het dit binne-in sy laer laat val, rondom sy wonings.
29. Toe het hulle geëet en ten volle versadig geword, en hulle begeerte het Hy bevredig.