1. ’n ONDERWYSING van Asaf. o God, waarom het U vir altyd verstoot? Waarom rook u toorn teen die skape van u weide?
2. Dink aan u vergadering wat U in die voortyd verwerf het, wat U verlos het om die stam van u erfdeel te wees, aan die berg Sion waar U op gewoon het.
3. Hef u voete op na die ewige puinhope: alles het die vyand in die heiligdom verniel.