19. Hoe word hulle in ’n oomblik ’n voorwerp van verbasing, vergaan hulle, raak hulle tot niet deur verskrikkinge!
20. Soos ’n droom nadat ’n mens wakker word, o Here, so verag U, as U opwaak, hulle beeld!
21. Toe my hart bitter gestemd en ek in my niere geprikkel was,
22. toe was ék dom en het niks geweet nie; ek was ’n dier by U.
23. Nogtans is ek altyddeur by U; U het my regterhand gevat.
24. U sal my lei deur u raad en my daarna in heerlikheid opneem.
25. Wie het ek buiten U in die hemel? Buiten U begeer ek ook niks op die aarde nie.
26. Al beswyk my vlees en my hart — God is die rots van my hart en my deel tot in ewigheid.
27. Want kyk, die wat hulle ver van U af hou, vergaan; U roei almal uit wat van U afhoereer.
28. Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees; in die Here Here het ek my toevlug gestel, om al u werke te vertel.