1. ’n PSALM van Asaf.Waarlik, God is goed vir Israel, vir die wat rein van hart is.
2. Maar wat my aangaan, my voete het amper gestruikel, my voetstappe het byna uitgegly.
3. Want ek was afgunstig op die onsinniges toe ek die voorspoed van die goddelose mense sien.
4. Want daar is geen kwellings by hulle nie, gesond en vet is hulle liggaam.
5. In die moeite van sterwelinge is hulle nie, en saam met ander mense word hulle nie geplaag nie.
6. Daarom is die trots om hulle soos ’n halssieraad, die geweld bedek hulle soos ’n gewaad.
7. Hulle oë puil uit van vet; die inbeeldinge van die hart loop oor.
8. Hulle spot en spreek in boosheid verdrukking; hulle spreek uit die hoogte.