Psalms 71:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. BY U, o Here, skuil ek: laat my nie vir altyd beskaamd staan nie!

2. Red my deur u geregtigheid en bevry my; neig u oor tot my en verlos my!

3. Wees vir my ’n rots om in te woon, om gedurig in te gaan; U wat bevel gegee het om my te verlos, want U is my rots en my bergvesting.

4. My God, red my uit die hand van die goddelose, uit die mag van hom wat onreg doen, en van die geweldenaar.

5. Want U is my verwagting, Here Here, my vertroue van my jeug af.

Psalms 71