1. SJIGGAJŌN van Dawid wat hy tot eer van die Here gesing het weens die woorde van Kus, die Benjaminiet.
2. Here, my God, by U skuil ek; verlos my van al my vervolgers en red my;
3. sodat hy nie soos ’n leeu my verskeur en wegruk sonder dat iemand red nie.
4. Here, my God, as ek dit gedoen het, as daar onreg in my hande is,
5. as ek hóm kwaad aangedoen het wat in vrede met my geleef het (ja, ek het hom gered wat my sonder oorsaak vyandig was),
6. mag die vyand my dan vervolg en inhaal en my lewe teen die grond vertrap en my eer in die stof laat woon. Sela.
7. Staan op, Here, in u toorn, verhef U teen die grimmigheid van my teëstanders en ontwaak vir my, U wat die reg beveel het!
8. En laat die vergadering van die volke U omring; keer dan bo hulle terug in die hoogte!
9. Die Here oordeel die volke. Doen aan my reg, Here, na my geregtigheid en na my onskuld wat by my is.
10. Laat tog die boosheid van die goddelose mense ’n einde neem, maar bevestig U die regverdige, ja, U wat harte en niere toets, o regverdige God!
11. My skild is by God wat die opregtes van hart verlos.
12. God is ’n regverdige regter, en ’n God wat elke dag toornig is.
13. As hy hom nie bekeer nie, maak Hy sy swaard skerp; Hy span sy boog en mik daarmee