Psalms 67:3-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. Sodat die mense op aarde u weg kan ken, onder al die nasies u heil.

4. Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof.

5. Die nasies sal bly wees en jubel, omdat U die volke regverdig oordeel en die nasies op aarde lei. Sela.

6. Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof.

7. Die aarde het sy opbrings gelewer; God, onse God, sal ons seën.

8. God sal ons seën, en al die eindes van die aarde sal Hom vrees.

Psalms 67