Psalms 67:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VIR die musiekleier; met snaarinstrumente. ’n Psalm. ’n Lied.

2. Mag God ons genadig wees en ons seën; mag Hy sy aangesig by ons laat skyn! Sela.

3. Sodat die mense op aarde u weg kan ken, onder al die nasies u heil.

4. Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof.

Psalms 67