Psalms 66:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VIR die musiekleier. ’n Lied. ’n Psalm. Juig tot eer van God, o ganse aarde!

2. Besing die eer van sy Naam, maak heerlik sy lofsang!

3. Sê tot God: Hoe vreeslik is u werke! Deur die grootheid van u sterkte sal u vyande kruipende na U toe kom.

4. Laat die hele aarde U aanbid en psalmsing tot u eer; laat dit u Naam verhef in psalmgesang. Sela.

5. Kom en aanskou die dade van God, Hy wat gedug is in werking oor die mensekinders.

Psalms 66