Psalms 65:11-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. U maak sy vore nat, sy kluite gelyk; deur reënbuie maak U dit week; U seën sy uitspruitsel.

12. U kroon die jaar van u goedheid, en u voetspore drup van vettigheid.

13. Die weivelde van die woestyn drup, en die heuwels gord hulleself met gejuig.

Psalms 65