Psalms 64:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid.

2. Hoor my stem, o God, in my klagte; bewaar my lewe vir die skrik van die vyand.

3. Steek my weg vir die raad van die kwaaddoeners, vir die gewoel van die werkers van ongeregtigheid;

4. wat hulle tong skerp maak soos ’n swaard, hulle pyl rig — bitter woorde! —

5. om in skuilplekke na die opregte te skiet; skielik skiet hulle hom en vrees nie.

6. ’n Listige plan stel hulle vir hul vas; hulle spreek af om strikke te span; hulle sê: Wie sal dit sien?

7. Hulle versin ongeregtighede: Ons is gereed! ’n Fyn uitgedinkte plan! Ja, ’n man se binneste en onpeilbare hart!

Psalms 64