2. o God, U is my God, U soek ek; my siel dors na U, my vlees smag na U, in ’n dor en uitgedroogde land, sonder water.
3. Só het ek U in die heiligdom aanskou, om u sterkte en u heerlikheid te sien.
4. Want u goedertierenheid is beter as die lewe; my lippe moet U prys.
5. Só sal ek U prys my lewe lank, in u Naam my hande ophef.
6. Soos met vet en vettigheid sal my siel versadig word, en my mond sal roem met jubelende lippe
7. as ek aan U dink op my bed, in die nagwake oor U peins.
8. Want U was ’n hulp vir my, en in die skaduwee van u vleuels sal ek jubel.
9. My siel is aan U verkleef; u regterhand ondersteun my.
10. Maar húlle wat soek om my lewe te verderwe, hulle sal kom in die onderste plekke van die aarde.