Psalms 63:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ’n PSALM van Dawid, toe hy in die woestyn van Juda was.

2. o God, U is my God, U soek ek; my siel dors na U, my vlees smag na U, in ’n dor en uitgedroogde land, sonder water.

3. Só het ek U in die heiligdom aanskou, om u sterkte en u heerlikheid te sien.

4. Want u goedertierenheid is beter as die lewe; my lippe moet U prys.

Psalms 63