Psalms 61:4-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Want U het ’n toevlug vir my geword, ’n sterk toring teen die vyand.

5. Ek wil in u tent vertoef vir ewig, in die skuilplek van u vleuels my verberg. Sela.

6. Want U, o God, het my geloftes gehoor; U het die besitting gegee van die wat u Naam vrees.

7. Mag U dae by die koning se dae byvoeg; mag sy jare wees soos van geslag tot geslag.

8. Mag hy vir ewig voor die aangesig van God op die troon sit; beskik goedertierenheid en trou, dat dié hom bewaar.

9. Só wil ek psalmsing tot eer van u Naam tot in ewigheid, om my geloftes te betaal, dag ná dag.

Psalms 61