1. VIR die musiekleier; met snaarinstrumente. ’n Psalm van Dawid.
2. o God, hoor my smeking, luister na my gebed!
3. Van die einde van die aarde af roep ek U aan as my hart beswyk; lei my op ’n rots wat vir my te hoog is.
4. Want U het ’n toevlug vir my geword, ’n sterk toring teen die vyand.
5. Ek wil in u tent vertoef vir ewig, in die skuilplek van u vleuels my verberg. Sela.
6. Want U, o God, het my geloftes gehoor; U het die besitting gegee van die wat u Naam vrees.