Psalms 60:5-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. U het u volk harde dinge laat sien; U het ons bedwelmende wyn laat drink.

6. U het aan die wat u vrees, ’n banier gegee, om te vlug vir die boog! Sela.

7. Sodat u bemindes gered mag word; verlos deur u regterhand en verhoor ons!

8. God het gespreek in sy heiligdom: Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel en die dal van Sukkot afmeet.

9. Gílead is myne en Manasse is myne, en Efraim is die beskutting van my hoof; Juda is my veldheerstaf.

10. Moab is my waskom; op Edom werp Ek my skoen; jubel oor My, o Filistéa!

11. Wie sal my bring in die versterkte stad? Wie kan my lei tot in Edom?

12. Het Ú, o God, ons nie verwerp nie? En U trek nie uit, o God, saam met ons leërs nie.

Psalms 60