Psalms 6:7-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. Ek is moeg van my gesug; elke nag laat ek my bed swem; ek deurweek my bed met my trane.

8. My oog het dof geword van verdriet; dit het swak geword vanweë al my teëstanders.

9. Gaan weg van my, al julle werkers van ongeregtigheid, want die Here het die stem van my geween gehoor.

Psalms 6