Psalms 6:5-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. Keer terug, Here, red my siel; verlos my om u goedertierenheid ontwil.

6. Want in die dood word aan U nie gedink nie; wie sal U loof in die doderyk?

7. Ek is moeg van my gesug; elke nag laat ek my bed swem; ek deurweek my bed met my trane.

8. My oog het dof geword van verdriet; dit het swak geword vanweë al my teëstanders.

9. Gaan weg van my, al julle werkers van ongeregtigheid, want die Here het die stem van my geween gehoor.

10. Die Here het my smeking gehoor; die Here neem my gebed aan.

11. Al my vyande sal beskaamd staan en baie verskrik word; hulle sal in ’n oomblik beskaamd omdraai.

Psalms 6