Psalms 56:2-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. Wees my genadig, o God, want mense vertrap my; hy wat my beveg, verdruk my die hele dag.

3. My vyande vertrap my die hele dag, want baie veg teen my in hoogmoed.

4. Die dag as ek vrees, sal ék op U vertrou.

5. Deur God sal ek sy woord prys; ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan vlees my doen?

6. Die hele dag verdraai hulle my woorde; al hulle gedagtes is teen my, om kwaad te doen.

7. Hulle val aan, lê en loer — hulle let op my hakskene net soos hulle op my lewe geloer het.

8. Ondanks hul ongeregtigheid — sal hulle ontvlug? Werp volke neer in toorn, o God!

Psalms 56