1. VIR die musiekleier; op die wysie van: „Die Duif van die ver Terebinte.” Van Dawid. ’n Gedig, toe die Filistyne hom gevang het in Gat.
2. Wees my genadig, o God, want mense vertrap my; hy wat my beveg, verdruk my die hele dag.
3. My vyande vertrap my die hele dag, want baie veg teen my in hoogmoed.
4. Die dag as ek vrees, sal ék op U vertrou.
5. Deur God sal ek sy woord prys; ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan vlees my doen?
6. Die hele dag verdraai hulle my woorde; al hulle gedagtes is teen my, om kwaad te doen.