Psalms 54:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VIR die musiekleier; met snaarinstrumente. ’n Onderwysing van Dawid,

2. toe die Sifiete gekom en aan Saul gesê het: Het Dawid hom nie by ons weggesteek nie?

3. o God, verlos my deur u Naam, en doen aan my reg deur u mag!

4. o God, hoor my gebed, luister na die woorde van my mond!

5. Want vreemdes staan teen my op, en tiranne soek my lewe; hulle stel God nie voor hul oë nie. Sela.

Psalms 54