Psalms 53:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VIR die musiekleier; op die wysie van: „Máhalat.” ’n Onderwysing van Dawid.

2. Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie! Hulle het sleg gehandel en hul onreg afskuwelik gemaak; daar is niemand wat goed doen nie.

3. God het uit die hemel neergesien op die mensekinders om te sien of daar iemand verstandig is, wat na God vra.

Psalms 53