Psalms 49:18-21 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. want by sy dood sal hy van alles niks saamneem nie; sy heerlikheid sal nie neerdaal agter hom aan nie.

19. Al ag hy homself gelukkig in sy lewe — en prys hulle jou, omdat jy aan jouself goed doen —

20. tog gaan sy siel na die geslag van sy vaders; tot in ewigheid sal hulle die lig nie sien nie.

21. Die mens wat in aansien is en geen verstand het nie, is soos die diere wat vergaan.

Psalms 49