Psalms 49:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VIR die musiekleier. Van die kinders van Korag. ’n Psalm.

2. Hoor dit, alle volke, luister, alle bewoners van die wêreld,

3. geringes sowel as aansienlikes, tesame ryk en arm!

4. My mond sal louter wysheid spreek, en die oordenking van my hart is net verstand.

5. Ek sal my oor neig tot ’n spreuk; ek sal my raaisel verklaar by die siter.

6. Waarom sou ek vrees in dae van onheil, as die ongeregtigheid van my onderkruipers my omring —

7. die wat vertrou op hulle vermoë en hulle beroem op die grootheid van hulle rykdom?

Psalms 49