1. ’n LIED. ’n Psalm van die kinders van Korag.
2. Die Here is groot en baie lofwaardig in die stad van onse God, sy heilige berg!
3. Skoon deur sy verhewenheid, die vreugde van die hele aarde is die berg Sion, aan die noordekant, die stad van die groot Koning!
4. God het Hom in sy paleise bekend gemaak as ’n rotsvesting.
5. Want kyk, die konings het bymekaargekom, tesame opgetrek.
6. Skaars het hulle dit gesien, of hulle het verstom, verskrik geword, in angs weggevlug.
7. Bewing het hulle daar aangegryp, smart soos van een wat baar.