Psalms 47:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VIR die musiekleier. Van die kinders van Korag. ’n Psalm.

2. Alle volke, klap met die hande; juig tot eer van God met ’n stem van gejubel!

3. Want die Here, die Allerhoogste, is gedug, ’n groot Koning oor die hele aarde.

4. Hy bring volke onder ons en nasies onder ons voete.

5. Hy kies ons erfdeel vir ons uit, die trots van Jakob wat Hy liefhet. Sela.

6. God vaar op met gejuig, die Here met basuingeklank.

7. Psalmsing tot eer van God, psalmsing! Psalmsing tot eer van ons Koning, psalmsing!

Psalms 47