Psalms 46:4-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Laat sy waters bruis, laat hulle skuim; laat die berge bewe deur sy onstuimigheid! Sela.

5. Die stroompies van ’n rivier maak die Godstad bly, die heiligste van die woninge van die Allerhoogste.

6. God is daar binne-in, dit sal nie wankel nie; God sal dit help as die dag aanbreek.

7. Nasies het gebruis, koninkryke het gewankel; Hy het sy stem verhef; die aarde bewe.

8. Die Here van die leërskare is met ons; die God van Jakob is ’n rotsvesting vir ons. Sela.

9. Kom, aanskou die dade van die Here, wat verskriklike dinge oor die aarde bring,

Psalms 46