1. VIR die musiekleier. Van die kinders van Korag. ’n Onderwysing.
2. o God, met ons ore het ons dit gehoor, ons vaders het ons dit vertel: ’n werk het U gedoen in hulle dae, in die dae van die voortyd.
3. U self het met u hand nasies verdrywe, maar húlle geplant; U het volke kwaad aangedoen, hulle daarenteen laat uitspruit.
4. Want hulle het die land nie deur hul swaard in besit geneem nie, en hul arm het hulle nie die oorwinning gegee nie, maar u regterhand en u arm en die lig van u aangesig, omdat U ’n welbehae in hulle gehad het.